pikkewyntjie_29pikkewyntjie_29

pikkewyntjie_29

37 – Durban (Shelly Beach), KwaZulu-Natal, Suid-Afrika

Skaam en soekend

Tweerigting Pasmaat

?%

Sluit aan en skep jou gratis profiel vandag nog om te sien hoe goed jy by haar pas, en honderde meer.

Sluit nou aan

Aanlyn: Meer as 6 maande gelede

Verander: Meer as 6 maande gelede

Selfoonnommer nie geverifieer nie.

Oor Haar

Land van Oorsprong:
Suid-Afrika
Ligging:
Durban (Shelly Beach), KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Geslag:
Vroulik
Ouderdom:
37
Sterreteken:
Steenbok
Lengte:
156cm (5' 1.4")
Liggaamstipe:
'n Paar ekstra kilo's
Uiterlike:
Gemiddeld
Haarkleur:
Donkerbruin
Oogkleur:
Groen
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Vra my later
Ander Tale:
Afrikaans; Engels
Geloof:
Christen / Ander
Verhoudingstatus:
Enkellopend
Opsoek na:
Aktiwiteitsmaats; Vriende; Oop vir moontlikhede; Langtermyn; Huwelik
Het Kinders:
Nee
Wil Kinders H:
Ja
Daaglikse Diet:
Eet meeste kosse
Rookgewoontes:
Gereeld
Drinkgewoontes:
Sosiale drinker
Geleerdheid:
Na-graadse kwalifikasie
Beroep:
Ander
Inkomste:
Vra my later

Haar Ideale Pasmaat

Land van Oorsprong:
Suid-Afrika
Ligging:
Enige plek in die Wreld
Geslag:
Vroulik; Manlik
Ouderdomskaal:
30 - 40
Sterreteken:
Enige
Lengte:
Enige
Liggaamstipe:
Enige
Uiterlike:
Enige
Haarkleur:
Enige
Oogkleur:
Enige
Het 'n Foto:
Oorwegend belangrik
Ras:
Blank / Kaukasiese
Huistaal:
Enige
Ander Tale:
Enige
Geloof:
Christen / Ander
Verhoudingstatus:
Enige
Het Kinders:
Enige
Wil Kinders H:
Ja
Daaglikse Diet:
Eet meeste kosse
Rookgewoontes:
Gereeld
Drinkgewoontes:
Sosiale drinker
Geleerdheid:
Enige
Beroep:
Enige
Inkomste:
Enige
  • Glad nie belangrik nie
  • Effens belangrik
  • Redelik belangrik
  • Oorwegend belangrik
  • Nieonderhandelbaar

In haar eie woorde...

Oor Haar

HI, ek is nogal skaam, maar wanneer jy my leer ken ek vir jou, begin ek onspan, ek hou van die natuur, nie baie fiks nie, maar soek iemand om my te help om daardie paar heuweltjies uit te klim en die natuur te bewonder. Ek is diere mens, dis een van my groot liefdes, sal enige iets doen vir dier en kind. Om bietjie te onspan, hou ek daarvan om te gaan stap, langs die strand te sit en verlore te raak deur die branders en prag van die see. N aandjie uit is ook welkom, goeie wyntjie en goeie geselskap, dalk bietjie karaoke? net vir die lag en giggel al is dit nie om self te sing nie.

My vriende beskryf my as iemand wat sensitief is aan ander se behoeftes, ek sal my laaste sny broodjie gee as ek kan, ek is n baie emosionele persoon. My hartjie is klein, maar ook groot genoeg dat daar altyd nog plek is vir iemand vir wie ek omgee. Ek is altyd daar vir my vriende deur dik en dun, en verwag dieselle terug van my vriend of vriendin, vriende is daar vir mekaar deur dik EN dun.

My gunsteling sepies is 7de Laan (ja ja tiepiese vrou, maar eks seker daarvan daar is n paar mans wat dit ook nie graag misloop nie), verder hou ek van n goeie "suspense" fliek, iets wat jou op die rand van jou stoel laat sit, daardie waar jy te bang is om te kyk, maar te nuuskierig is om nie te kyk nie. Komedie is ook een van my gunsteling, niks so lekker as om daardie maag spiere so bietjie te oefen en te onspan nie...Ek hou van enige musiek, meestal Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren Lianie May en nog n paar goeie bekende afrikaanse sangers, o ja en niks kan my weg hou van my "rock" musiek nie, Pink, Lifehouse, Nickelback... East coast radio is my gunsteling radio stasie en meeste van die liedjies wat daar gespeel word val so reg in my kraal in.

Haar Ideale Pasmaat

My ideaale pasmaat,mmmm laat ons sien...ek is nie juis vol fiemies soos die oumense sal se nie, respek is uiters belangrik. Ek glo aan die gesegde, behandel ander soos jy behandel wil word. Voorkoms, moet ten minste skoon en ordentlik wees, maar eks nie kieskeurig oor vet of maer nie, vir my is dit wat in die hart omgaan wat die meeste tel. Bietjie van n "bad boy"/"good boy" is daar ook niks meer verkeerd nie. My maat sal hopelik van die natuur en diere hou. Ek sou se my lewensmaat se uitkyk op die lewe moet positief wees met n goeie gesindheid teenoor die lewe.

Ek sal graag n langtermyn verhouding wil he, maar ek verstaan dat mens mekaar eers moet leer ken voor sulke besluite geneem kan word, "call me old fasion" maar ek sal wil WEET wanneer my maat ernstig is oor die verhouding en dit ook se met tyd natuurlik! Ek is NIE die "one night stand" tiepe nie.

Perfekte aandjie uit....miskien n drankie by n kroeg net om die ys te breek, dan gaan kyk na die sterre onder maanlig..sjoe ja vergeet om te noem ek is nogal bietjie van n romantikus..(*bloos*) en ja ek is skaam en bloos baie!! Maar sien kans vir n uitdaging enige tyd

Wat Haar Vriende S

pikkewyntjie_29 het nog nie enige aanbevelings van vriende af nie.

Meer Oor Haar

pikkewyntjie_29 moet nog hierdie afdeling se opsionele vrae beantwoord: meer oor haar.